"Kattebak" lyrics

"Kattebak"

Vreesaanjaend
Jy was die stikstof
Wat my asem
Weg kon slaan
En ons twee saam
Brouery
Op "Kerk" en "Hani"
Laataand ingebreek
Vir ons twee saam

En ons twee saam
Was genoeg
Om die einde
Van ons ouers te wees

As jy my nie kan hê nie
Sal jy my ruïneer
Jy hoef dit nie te sê nie
Ek sien dit weer en weer
In jou oë
Nog 'n kloof
Waar ek net weer kan val
'n Kattebak vol stories
Wat niemand ooit sal hoor nie
Net vir my en jou

Lees my hand
Sê my, my toekoms
Waar riviere
Saam kan vloei
Vir ons twee saam
Nou en dan
Kan ek nie verstaan nie
Wat daar in
Jou kop aangaan
Vir ons twee saam

En ons twee saam
Was genoeg
Om die einde
Van ons ouers te wees

As jy my nie kan hê nie
Sal jy my ruïneer
Jy hoef dit nie te sê nie
Ek sien dit weer en weer
In jou oë
Nog 'n kloof
Waar ek net weer kan val
'n Kattebak vol stories
Wat niemand ooit sal hoor nie

Ek sal weer 'n week
In die tronk slaap
Om saam jou hoog
Te wees
Op adrenalien
Op adrenalien
Op adrenalien
Op adrenalien

As jy my nie wil hê nie
Sal jy my ruïneer
Jy hoef dit nie te sê nie
Ek sien dit weer en weer
In jou oë
Nog 'n kloof
Waar ek net weer kan val
'n Kattebak vol stories
Wat niemand ooit sal hoor nie
Net vir my en jou