"Vitamiene See" lyrics
"Vitamiene See"
Dit was 'n lang jaar, bokkie, ek gaan nie vir jou jok'ie
Pak solank daai pers kombers
Gooi hom in die trokkie's, ek hier ry gaan ek nie stop'ie
Moeg op my tande gekners
Oh, ek gaan sit en kyk
Tot die wêreld vergeet van my
Ons gaan maak soos Saldanhabaai
Kom ons waai, kom ons waai, kom ons waai
Ek soek 'n cooler in die sand
'n Bier in my hand
Die son wat my soen terwyl die wind iets in my hart doen
Ek wil vergeet van elke liewe leed
Voordat ek opgee gee my vitamiene see
Voordat ek opgee gee my vitamiene see
Skryf maar 'n briefie, laat weet almal liefie
Ons blom op 'n pers kombers
Oe-la-la, oe-la-la
Daar's see en sand en my boude is geplant
En die vuur is die strand se kers
Oh, ek gaan sit en kyk
Tot die wêreld vergeet van my
Ons gaan maak soos Saldanhabaai
Kom ons waai, kom ons waai, kom ons waai
Ek soek 'n cooler in die sand
'n Bier in my hand
Die son wat my soen terwyl die wind iets in my hart doen
Ek wil vergeet van elke liewe leed
Voordat ek opgee gee my vitamiene see
Voordat ek opgee gee my vitamiene see sand
Gat geplant naby waar die coolerboks land
See, sand
Kyk hoe loop my worries verby
Ek het 'n cooler in die sand
'n Bier in my hand
Die son wat my soen terwyl die wind iets in my hart doen
Ek wil vergeet van elke liewe leed
Hoe kan ek opgee met 'n cooler in die sand
'n Bier in my hand
Die son wat my soen terwyl die wind iets in my hart doen
Ek kan vergeet van elke liewe leed
Voordat ek opgee gee my vitamiene see
Voordat ek opgee gee my vitamiene see
Soek jy dalk ook 'n bietjie vitamiene see?
- AZLyrics
- R
- Riaan Benadé Lyrics