"Yippee-Ki-Yay" lyrics
Appel, Riaan Benadé, Ricus Nel & Bok van Blerk Lyrics
"Yippee-Ki-Yay"
Mag die wind kom waai
Waar jou biltong hang
Mag die hemele jou lei met gewyde sang
Mag jou drade hou en jou lammers lam
Mag die windjie waai waar jou biltong hang
Laat die son jou lei na jou ouerhuis
Waar jy leer om te skiet en spoor te sny
Mag droogte jou leer om met God te praat
Mag jy luister om te luister as die wolke saag
Yippee-Ki-Yay, Yippee-Ki-Yo
Dis die weer en die bybel wat ek vertrou
Yippee-Ki-Yo, Yippee-Ki-Yay
Dis die land van ons waar die rooibees wei
Ek bid jy word uit jou vellies geseën
Dat jy jou laaste vir jou naaste gee
Dat jou kinders die bome en die rooigras ken
Jy moet soms verloor voor jy jou land terug wen
Yippee-Ki-Yay, Yippee-Ki-Yo
Dis die weer en die bybel wat ek vertrou
Yippee-Ki-Yo, Yippee-Ki-Yay
Dis die land van ons waar die rooibees wei
Oh oh oh oh
Oh oh oh
Gee my
Gee my die voete van 'n ribbok
Dat ek al my berge oor kan kom
Gee my die vlerke van 'n dorsland kraai
Dat ek almal se smart op my rug kan laai
Yippee-Ki-Yay, Yippee-Ki-Yo
Dis die weer en die bybel wat ek vertrou
Yippee-Ki-Yo, Yippee-Ki-Yay
Dis die land van ons waar die rooibees wei
Yippee-Ki-Yay, Yippee-Ki-Yo
Dis die weer en die bybel wat ek vertrou
Yippee-Ki-Yo, Yippee-Ki-Yay
Dis die land van ons waar die rooibees wei
Dis die land van ons waar die rooibees wei
- AZLyrics
- R
- Riaan Benadé Lyrics