"Hemel Op Aarde" lyrics
"Hemel Op Aarde"
Sal jy verstaan as ek jou in die nag dalk agter los
Uitgeknip in die eenvoud jou seer in die ruimte gepos
Want jou stiltes verstaan my nie
Ek wou praat maar jy antwoord nie
Sal jy padlangs loop as ek jou dan moet verlaat
Steeds 'n goeie daad pleeg en die mense om jou vermaak
Ons was goud maar nie kleurvol nie
Ons was een maar nie eerlik nie
Hemel op die aarde
Gooi my kleed my in genade
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde
Hier's 'n dubbellyn getrek ek hoor jou aan die ander kant
Jy het my dan afgemerk ek was die einde op jou liefdespant
Ek het probeer maar jy was uitverhuur
Als gegee maar jou hart was te duur
Hemel op die aarde
Gooi my kleed my in genade
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde
Oeh ek verlang dan na wat ons een(saam) was
Jou woorde het my klei gemaak
Totdat ek jou kon pas
Maak vry die las
Hemel op die aarde
Gooi my kleed my in genade
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde
Op die pad van die lewe maak ons dan steeds geraas
Hemel op aarde
Writer(s): Bernice Van Der Westhuizen
- AZLyrics
- B
- Bernice West Lyrics