"Spoorlose Stasies" lyrics
"Spoorlose Stasies"
Terug op spoorlose stasies
Genoeg het ek geween
Genoeg my hart uit geleen
Die plek los 'n merk op my ambag
Is jou tyd te veel gevra
Is daar sorge wat jy dra
Maar dalk was jou pad te kort vir my
Jou merk gelos op die rand
En sal jy dalk vind waarvoor ek moet baklei
Jou hart gekoop aan my kant
Versot in die doening van jou late
Mag die tyd jou drome spaar
Mag jou siel met eens bedaar
Gekoop deur jou woorde wat my laat lag
Is die liefde nou te duur
Is jou wêreld koud versier
Maar dalk was jou pad te kort vir my
Jou spoor gelos op die rand
En sal jy dalk vind waarvoor ek moet baklei
Jou hart gekoop aan my kant
Terug op spoorlose stasies
Genoeg het ek geween
Genoeg my hart uit geleen
Die plek los 'n merk op my ambag
Is jou tyd teveel gevra
Is daar sorge wat jy dra
- AZLyrics
- B
- Bernice West Lyrics
album:
"Net Geleen" (2020)