"Helpende Hande" lyrics

"Helpende Hande"

Soos Moses se arms kry ons leiers soms swaar
Soos 'n Aaron en Hur is ons ook daar om die hande te hou
Vir die wat veg vir ons saak

Vir die minderbevooreg wat die strate bly vee
Vir kos vir sy kinders kan ons, ons tyd gee
Om die hande te hou vir die wat 'n verskil wil maak

Hou die arms hoog en klap die hande saam
Skree ek het genoeg, vir wie moet ek staan?
Maak die helpende hande groter as die hande wat vra
As die hande wat vra

Soos die verdediging vou wanneer die arms sak
Is ons net so sterk soos die hulp se swak
Om die hande te hou in die hitte van die stryd

En as elkeen bou voor sy buurman se huis
En die koue uithou vir die wat nog reis
Na die beloofde land sal ons volk nooit tot 'n einde kom nie

Hou die arms hoog en klap die hande saam
Skree ek het genoeg, vir wie moet ek staan?
Maak die helpende hande groter as die hande wat vra

Hou die arms hoog en klap die hande saam
Skree wie sal ons keer as ons saam bly staan?
Wees die rots wat jy is in ons muur dat ons mekaar kan dra
Dat ons mekaar kan dra

Staan voor en hou hoog die nood van jou medemens
En doen wat jy kan waar jy is

Hou die arms hoog en klap die hande saam
Sê ek het genoeg, vir wie moet ek staan?