"Nallies" lyrics

"Nallies"

Nallies, oor die oseaan het ek belowe om te bly
Nallies, in jou tweeslaapkamer hou jy hoop om te hoor van my
Sagte reën herinner jou van waar jy my kon kry
Nallies, oor die oseaan het ek belowe om te bly

Al die eindelose aande saam met jou bly spook by my
Donkerlig en kerse op 'n vloer, want Eskom is lui
Staar oor die see, want ek onthou nog waar jy bly
Nallies oor die oseaan het ek vergeet om jou te kry

En ek drink nog my koffie soos wat jy van dit hou
En ek maak nog my bed op met daai onnodige vou
En ek lees elke boodskap terwyl die donker my vashou
Nallies, oor die oseaan bly elke deel van my by jou

Nallies, oor die oseaan is ek op pad om pad te gee
Hierdie hospitaal is bleek en die reuk gaan vir altyd my beklee
Sagte reën herinner my van waar ek jou kon kry
Nallies, oor die oseaan strooi al die as van jou en my
Nallies, oor die oseaan strooi al die as van jou en my