"Rooiroknooi" lyrics

"Rooiroknooi"

Dis 'n jaar en 'n half
En die wiele kom af
En ek hoop jy weet
Ek sal jou nooit kan vergeet nie

Want daar was min om te doen
En net 'n klapsoen
Elke nou en dan
Een vir die span gegee
En ek het my les geleer

Want ek weet daardie rooiroknooi jok mooi, sy't my gevang
Ja, ek weet daardie rooiroknooi jok mooi, sy moes beplan
Om my kliphard te looi
Soos 'n klip hard weg te gooi, daardie rooiroknooi

En nou is jy op die pad
En die briewe spat
En ek hoop jy weet
Ek sal jou nie gou vergeet nie

Want daar was min om te doen
En 'n nat klapsoen
Slegs op my lippe
Hande op jou heupe sou doen
En ek het my les geleer

Want ek weet daardie rooiroknooi jok mooi, sy't my gevang
Ja, ek weet daardie rooiroknooi jok mooi, sy moes beplan
Om my kliphard te looi
Soos 'n klip hard weg te gooi, daardie rooiroknooi

Sy was dalk net vir my geleen
Nou's sy 'n ander man se probleem