"Boksemdais" lyrics

"Boksemdais"

As ek jou asem hoor
En jy steel weer 'n deel van my bed
En die slaap val jou aan
En die reën probeer my red

Leen die duiwel oor
En ek wonder of dit vat wat ek het
Oh jy't my getoor
En die dans word deel van my gebed en

Ek sal jou nooit verraai nie
As die koring verdrink op die lande
Sal hierdie man jou lei
As jy weet ek het niks?

Maar my hande
Sal sukkel om jou vas te hou
Dank Vader jy's hier om te bly
Ek hoor jou sê vir my, met daai stem
"Engel, ek het die boksemdais gewen"

Wen op my eie is niks
Die banke kan vat wat ek het
Maar laat hulle raak aan jou
Die Here hoor my, daars nie 'n wet nie

Want ek sal jou nooit verraai nie
As die koring verdrink op die lande
Sal hierdie man jou lei
As jy weet ek het niks?

Maar my hande
Sal sukkel om jou vas te hou
Dank Vader jy's hier om te bly
Ek hoor jou sê vir my, met daai stem
"Engel, ek het die boksemdais gewen"

Oh-oh-oh, oh-oh-oh-oh-oh, oh-oh-oh-oh

Ek sal jou my lewe
Ek sal jou my hele lewe gee, want jy is die rede
Jy is die rede dat ek weet al my gebede
Al my gebede word gehoor en oor en oor en oor en

Ek sal jou nooit verraai nie
As die koring verdrink op die lande
Sal hierdie man jou lei
As jy weet ek het niks?

Maar my hande
Sal sukkel om jou vas te hou
Dank Vader jy's hier om te bly
Ek hoor jou sê vir my met daai stem
Engel, as jy weet ek het niks

Maar my hande
Sal sukkel om jou vas te hou
Dank Vader jy's hier om te bly
Ek hoor jou sê vir my met daai stem
"Engel, ek het die boksemdais gewen"