"Vertrou My" lyrics

Riaan Benadé, Marno van der Merwe & Georic Lomas Lyrics

"Vertrou My"

Ek wil nog altyd weet waardeur jy gaan
Kom huil uit jou hart uit oor dinge van jou pa
Dis nie so swaar as ek help dra nie

Sê dit net hard uit dat ek jou kan verstaan
Waaroor is jy spyt net voor jy gaan slaap
Ek kan nie weet as jy dit nie gee nie

As die donker skadus oor jou gooi (Oor jou gooi, oor jou gooi)
As die golwe water oor jou looi (Oor jou looi, oor jou looi)
Lê dit op my neer dat ek probeer
Gee my 'n stukkie van jou seer (Stukkie van jou seer)
Belowe ek sal bly
Vertrou my

Hoeveel skuld jy voor hul als kom haal?
Hoe hanteer jy die lewe sonder haar?
Dis nie so swaar as ek help dra nie

As die donker skadus oor jou gooi (Oor jou gooi, oor jou gooi)
As die golwe water oor jou looi (Oor jou looi, oor jou looi)
Lê dit op my neer dat ek probeer
Gee my 'n stukkie van jou seer (Stukkie van jou seer)
Belowe ek sal bly
Vertrou my

Nog 'n voorskrif gaan jou nie kan help nie
Nog 'n whisky gaan nie so diep kan delf nie
Dis nie so swaar as ek help dra nie
As ek help dra nie