"Die Lot" lyrics
"Die Lot"
Dit kannie net so eindig nie
Was mos gelukkig, was ons nie?
Of verbeel ek myself oor daai woonstel se parkering daai aand toe ek kon sweer ons sweef en
Ek wou dans saam met jou tot ons oud word
Tot ons knieë ingee
En dan kon ons lê en onthou hoe ons beserings nooit so seer was nie
Ek kan onthou hoe jy glimlag
Na 'n dag wat jou gebreek het en
Jy kan onthou wat jy sou maak
As die wêreld my gesmeek het vir
Nog een keer, net 'n bietjie meer
Jy sou geweet het en ek sou genees
As die lot net so kon wees
Jy wou nie sien hoe dit eindig nie
Dis ongelukkig, is dit nie?
Want ek kon hoor hoe ons kombuis getuig van al die dae wat hy kon sweer ons sweef en
Ek wou dans saam met jou tot ons oud word
Tot ons knieë ingee
Dan kon ons lê en onthou hoe ons beserings nooit so seer was nie
Ek kan onthou hoe jy glimlag
Na 'n dag wat jou gebreek het en
Jy kan onthou wat jy sou maak
As die wêreld my gesmeek het vir
Nog een keer, net 'n bietjie meer
Jy sou geweet het en ek sou genees
As die lot net so kon wees
Wens is so tragies, seun
Mens vergeet wat dit vat om te wees
Dalk is dit hoe dit moet wees
Dalk is dit hoe dit moet wees
Ek kan onthou hoe jy glimlag
Na 'n dag wat jou gebreek het en
Jy kan onthou wat jy sou maak
As die wêreld my gesmeek het vir
Nog een keer, net 'n bietjie meer
Jy sou geweet het en ek sou genees
As die lot net so kon
Ek kan onthou hoe jy glimlag
Na 'n dag wat jou gebreek het en
Jy kan onthou wat jy sou maak
As die wêreld my gesmeek het vir
Nog een keer, net 'n bietjie meer
Jy sou geweet het en ek sou genees
As die lot net so kon wees
As die lot net so kon wees
- AZLyrics
- R
- Riaan Benadé Lyrics