"Lucky Strike" lyrics

"Lucky Strike"

Oh gooi jou arms om die lamppaal as jy dans
En tiekiedraai vir my tot ek jou êrens in my drome kry
Jou soet-sag lippe vat 'n kans
Elke keer as ek moet skeer en my wange brand in jou koue hande

Draai my toe in al jou liefde
Dans my dronk tot ons twee vonk

Jy's my vuursous, kersfeeskous
My lucky strike op 'n koue oggend
John Deere bumper sticker
Wat ek met trots op my Hilux rond sal ry
Wild lek, lekker watergat
Al is jy wilder as 'n kat
Jy's my 'lectric-laken skat
Wat my ewig warm hou

Sy kies die naam vir die skilpad in ons tuin
En nou moet ek lusern koop anders kry ek nie meer stroop nie
Want daai soet-sag lippe trek 'n lyn
As ek my voet wil neersit is dit soos plant in die woestyn, oh

Draai my toe in al jou liefde
Dans my dronk tot ons twee vonk

Jy's my vuursous, kersfeeskous
My lucky strike op 'n koue oggend
John Deere bumper sticker
Wat ek met trots op my Hilux rond sal ry
Wild lek, lekker watergat
Al is jy wilder as 'n kat
Jy's my 'lectric-laken skat
Wat my ewig warm hou

Sy lief my soos 'n spinnekop
Kou my skaars en eet my op
Mmh, sy lief my soos 'n spinnekop
Kou my skaars en eet my op, oh ja

Sy draai my toe in al haar liefde
Dans my dronk tot ons twee vonk

Jy's my vuursous, kersfeeskous
My lucky strike op 'n koue oggend
John Deere bumper sticker
Wat ek met trots op my Hilux rond sal ry
Wild lek, lekker watergat
Al is jy wilder as 'n kat
Jy's my 'lectic-laken skat
Wat my ewig warm hou
Wat my ewig warm hou